Laerskool Voorpos
Ons sal antwoord op jou roepstem

Rekenaarsentrum

Organiseerder: Me J Fourie

Ons doel en strewe is om rekenaarvaardighede en die gebruik van sagteware aan te leer en te bevorder. Elke Voorpos leerling word dan ook blootgestel aan die nuutste tegnologiese ontwikkelings.

40 Rekenaars is tot ons beskikking daarom kan elke leerder individueel by ‘n stasie werk. Graad R tot 7 leerders besoek die sentrum op ‘n weeklikse basis.

Die lesse dek alle leerareas. Computer for kids (http://www.computers4kids.co.za/) is die sagteware wat in die sentrum gebruik word. Deur hierdie sagteware word Ms Office vir die leerders op 'n unike en verstaanbare vlak aangeleer.

Korrekte tikvaardighede word vasgelê. Elke leerder se vordering word gemonitor. Aan die einde van Graad 7 sal leerders Ms Word, Ms Power Point en Ms Excel magtig wees.