Laerskool Voorpos
Ons sal antwoord op jou roepstem

Skooldrag

Leerders is verplig om die amptelike skooldrag van die skool te dra.  Skooldrag van ander skole word as tussentydse maatreël met begrip aanvaar.  Sportdrag word deur leerders self aangekoop.      

By alle geleenthede waar leerders hulle skool verteenwoordig, asook by formele funksies, is die dra van formele-, informele of sportdrag, soos vooraf besluit, verpligtend.

Die skoolbestuur mag met klasse reël om informele drag op ‘n Woensdag skool toe aan te trek as beloning of erkenning.

‘n Leerder wat verjaar mag op die dag van sy/haar verjaardag informele klere aantrek, maar moet steeds binne die reëls bly wat betref haarstyl, aanwending van grimering en die dra van juwele.  Geen plakkies of “sneakers” mag skool toe gedra word nie.

Die oorskakeling van somer- na winterdrag en omgekeerd geskied na gelang van weersomstandighede, maar met 1 Mei as keerdatum vir winterdrag en 1 September vir somerdrag.

 

1.             MEISIES

                1.1           Somersdrag:

                                Wynrooi broekromp en voorgeskrewe hemp. (Op koel dae mag truie soos by wintersdrag gedra word.)

                                Kort, wynrooi kouse (een maal omgeslaan).

                                Swart skoolskoene (skoene nie verpligtend nie, behalwe met opvoedkundige uitstappies wanneer die dra van skoene wel vereis word).

 

                1.2           Wintersdrag:

                                Wynrooi broekromp en voorgeskrewe hemp.

                                Wynrooi kniekouse / wynrooi rekkouse (‘tights”) / wynrooi broekiekouse.

                                Skoolsweetpakbaadjie en/of -sweetpakbroek / grys langbroek met geel langmouhemp.       

                                Wynrooi skooltrui / wynrooi oortrektrui / wynrooi skoolwindjakker (“drymac”).

                                Swart skoolskoene is verpligtend saam met wintersdrag.

 

2.             SEUNS

                2.1           Somersdrag:

                                Grys kortmouhemp.  (Op koel dae mag truie soos by wintersdrag gedra word.)

                                Grys kort- / langbroek.

                                Grys kouse.

                                Swart skoolskoene (skoene nie verpligtend nie, behalwe met opvoedkundige uitstappies wanneer die dra van skoenevereis word).

 

                2.2           Wintersdrag:

                                Grys kort- / langmouhemp.

                                Grys lang- / kortbroek.

                                Grys kouse.

                                Skoolsweetpakbaadjie en/of -sweetpakbroek met grys hemp.

                                Wynrooi skooltrui / wynrooi oortrektrui / wynrooi skoolwindjakker (“drymac”) 

                                Swart skoolskoene.

                                Seuns se hemde moet te alle tye in die broek gesteek wees.

Meisies met lang hare moet liefs vlegsels dra of hulle hare in ‘n poniestert vasbind.  Hierdie reël geld ook in die geval van hare wat die kraag van die skoolrok raak.  Slegs linte, “Alice bands”, balletjies en haarrekke (‘scrunchie”) met ‘n wynrooi, ougoud, geel of bruin kleur mag gedra word.  Hare mag nie in die oë hang of loshangend langs die gesig gedra word nie.

Geen juwele word toegelaat nie. ‘n Seëlring en klein goue / silwer knoppies is die enigste uitsondering by dogters.

Slegs goud/silwer/swart horlosies word toegelaat.  Geen kostuumhorlosies mag gedra word nie.

Slegs allergie- en Crisis-on-call-bandjies/hangertjies word toegelaat.

Seuns se hare moet kortgeknip wees en mag nie aan die hempskraag raak of oor die ore gekam word nie.  Geen vreemde haarstyle word toegelaat nie.  Hare mag nie gejel of gekleur word nie.

Absolute netheid betreffende die liggaam, klere, hare en naels word vereis.

 

3.             LIGGAAMLIKE OPVOEDING (KDP)

                Meisies en seuns

                               ‘n KDP-hemp met ‘n wynrooi sportbroek. KDP-drag is sleg by die skool se kantoor beskikbaar.     

                                Koste beloop: 

                 Hemp - R160 - Broek - R140

                                Groottes beskikbaar:

                Hemp: 5-6 tot 4XL - Broek: 24 - 48

 

4.             SPORTDRAG

                4.1           Atletiek

                                Wynrooi atletiekbroek en -hempie (Totiusdal Handelshuis)

                                Wynrooi lang / kort kleefbroek kan onder die atletiekbroek gedra word.

                                Sweetpakke - slegs skoolsweetpakke word toegelaat.

               

                4.2           Sportsoortdrag

                                Soos deur die onderskeie sportsoorte bepaal. Slegs Eerste spanne mag spesiale klere dra.

               

               4.3           Sportdrag

                                ‘n Skoolsporthemp, skoolsportkouse, wynrooibroek en/of skoolsweetpak is verpligtend na sportgeleenthede toe.

                                Skoolure (wanneer tekkies aangetrek word): Skoolsportkouse en ‘n oorwegend wit sporttekkie.

                                NB.  Sportgeleenthede word in sportdrag of skooldrag bygewoon. Sporthemde by die kantoor teen R 200.00


               

               4.4           Swem

                                Wynrooi swemdrag vir seuns en meisies.

                                Geel swempette is verpligtend.

 

5.             KLEREBANK

                        Vir die gerief van die ouers is daar ‘n klerewinkel by die skool tot stand gebring waar klere wat reeds gedra is maar in 'n goeie toestand is, aan ouers teen 'n billike prys verskaf                          word. 

                        Omdat die klerebank afhanklik is van donasies van ouers kan ons ongelukkig nie voorraad beskikbaarheid waarborg nie.


6.             LEWERANSIER VAN AMPTELIKE SKOOLDRAG

                        Totiusdal Handelshuis, Codonialaan, Waverley.