Laerskool Voorpos
Ons sal antwoord op jou roepstem

Skoolgeskiedenis

Die gebou is oorspronklik opgerig vir die Hoërskool Oos-Moot, maar is slegs 'n paar maande deur hulle gebruik.

'n Engelse laerskool word beplan, maar daar was te min leerlinge.

In Januarie 1957 open Waverley A.M. met ongeveer 100 leerlinge.

Vir twee jaar is mnr HJ Greeff die waarnemende hoof.

Die skoolgebou het bestaan uit een ry klaskamers en die biblioteek het as saal gedien. Daar was slegs 4 onderwysers. Mnr. HJ greeff, Mnr. SJ de Kruger, mev. EJ Vorster en mev. H de Wet.

Me JA le Roux word in Augustus 1957 sekretaresse.

In 1959 word mnr J Huyser hoof. Mnr CL Steyn volg   hom in 1964 op.

Reeds in 1960 het die naam verander na Laerskool Voorpos.

Die skoolwapen is deur mnr SJ de K Kruger ontwerp.

Nuwe klaskamers is gebou. Die saal word ook in 1963 in gebruik geneem en die bronsplaat onthul deur mnr AJ Koen, Direkteur van Onderwys.

In Oktober 1965 word die swembad in gebruik geneem.

In November 1971 word die pawiljoen in gebruik geneem en die plaat onthul deur prof JH Jooste, Adjunk-direkteur van Onderwys.

In 1977 word mnr CL Steyn tot Inspekteur bevorder   en dr. CL Kirstein volg hom in 1978 op as hoof.

Mnr CJ Louwrens word in 1981 hoof en mnr BJE   Badenhorst in 1987.

Mnr MF Venter word in 2005 aangestel as hoof. Is hoof van die skool tot die 2de kwartaal 2008.

Mnr JA van der Westhuizen neem waar vanaf 3de kwartaal 2008 to aan   die einde van die 1ste kwartaal 2009.

Mnr Marius Swart word in op 1 April 2009 aan gestel as hoof.





  

Die   Skoolwapen en Wapenskild

  

  

Kleure

  

  

Die   kleure - ougoud en wynrooi is die twee kleure waarop besluit is vir ons   skoolkleure.

  

  

Die   skild

  

  

Die   omgekeerde gebroke keper (bepaalde driehoekvorm - HAT p 543) met die boonste   punt gelig omdat poste of voorposte vroeër op die hoogste of   effektiefste uitkykpunte (koppies) aangebring is van waar die vyand maklik   bespied kon word.

  

  

 

  

  

Laerskool   Voorpos wil 'n voorpos wees op die gebied van die opvoeding en onderwys en   wil daarmee ophef.

  

  

 

  

  

Die   spoor vervang die ruiter en die perd van die vorige wapen. Die funksie van 'n   ruiter se spore is om die perd aan te spoor. Die spoor op die wapen sluit   daarom aan by die omgekeerde keper en sinspeel op aansporing, daarom dat dit   dan ook boontoe, na die bopunt van die keper wys.

  

  

Die   leuselint

  

  

Dit is   net so oorgeneem uit die vorige wapen en is direk uit ons Volkslied geneem.Ons   sal antwoord op jou roepstem

  


  

 Die vorige wapen

  

  

Die   kleure

  

  

Maroen,   blou, wit en geel.

  

  

Ontleding

  

  

Suid-Afrika   - ons is burgers van SA

  

  

 

  

  

Man te   perd - verkenner

  

  

 

  

  

Perd in   aksie - wakker en op die voorposte

  

  

 

  

  

Ster -   Kasteel in die Kaap - eerste blanke vesting in SA

  

  

 

  

  

Monument   - simbool van eenheid, onthou die verlede, maar hou koers vorentoe.

  

  

 

  

  

Opkomende son - 'n jong land en volk, 'n jong   skool.

  

Die wapen is verander deur die Buro vir   Heraldiek.