VCSV – Laerskool Voorpos
Die Verenigde Christen Studente Vereniging
- Verander lewens sedert 1896 -
Ons kinders het een ding meer nodig as suurstof, en dit is God. Ons by Laerskool Voorpos ontvang soveel seëninge uit die mulde hand van God, dat ons nie anders kan as om Sy naam te eer nie.
Om God te eer kom ons Graad 4’s tot 7’s elke Vrydag 2ᵉ pouse in die saal byeen vir ‘n Christelike boodskap, wat dan later gedurende pouse in klein groepe bespreek word. Ons het ook gereeld die kans om God te loof en te prys deur ‘n sang of “worship” geleentheid by die skool. Ons maak ook tyd 1 keer per kwartaal waar ons op ‘n Vrydag bymekaar kom na skool vir ‘n middag van pret, waar ons ‘n fliek kyk, of sommer net iets lekkers doen.
Daar is 8 onderwysers wat permanent betrokke is by die VCSV, en wat enige tyd beskikbaar is om te luister, raad of leiding te gee aan enige leerder wat deur ‘n krisis gaan en dit nodig het. Laerskool Voorpos het die voorreg om ‘n permanente jeugwerker in diens te hê wat vir ons voorloop in ons bediening by die skool.
Juf. Ansie Ellis
Juf. Katie van den Berg
Juf. Carmen Pienaar
Mnr. Philip Kemp
Mnr. Brandt Dorfling
Mnr. Niël Hopkins
Mnr. Stéfan Lotter
Me Reanca Olwage (064 504 0625)