Laerskool Voorpos
Ons sal antwoord op jou roepstem

Seniorkoor

Organiseerder: Beatrix Smith








Die Seniorkoor bestaan jaarliks uit 65 tot 80 kinders van gr. 4 tot 7 leerders. Oudisies word in November gedoen.

Ons hoofdoel is om vir elke koorkind ‘n musikale ervaring te gee, liefde vir musiek en koorsang te ontwikkel, hom of haar as mens te ontwikkel deur selfbeheersing, selfdissipline en eie waarde asook sy of haar talente te ontwikkel. In die koor werk ons nie net hard nie, maar het baie pret.

Koorkamp by Camp Emeritus en oefenkamp by die skool en natuurlik heelwat optredes, is deel van die koorjaar.  Prestasies is ‘n beloning op harde werk en nie vir ons die Alfa en die Omega nie.

Ons neem van tyd tot tyd deel aan kompetisies en was in die finaal van Sing -in – Harmonie asook wenners van die Afrikaanse Kunvereniging se afdeling vir Senior Kore.

Ons Koor is soos ‘n tweede familie waar ons lewenslange vriendskappe smee.

 

Oefentye:  Woensdagmiddae  14:00 – 15:00

                    Vrydagoggend tydens gewydesang periode.

           

Erkenning word gegee aan lede tydens Kutuur toekenningsaand; 

Brons sertifikaat – deelname vir huidige jaar                                            Silwer sertifikaat – 3  jaar deelname, Snr Koor                                          Goue sertifikaat – 4 jaar deelname, Snr Koor

Erekleure balkie  - 7 jaar deelname, Jnr en Snr koor

Erekleure balkie - Magaliesberg Kinderkoor, 1 en meer jare deelname

 

Koordrag : Dogters – Maroen Skoolromp, wit langmou hemp, kniekouse, swart skoene, koordas en baadjie.

Seuns -  Grys langbroek, wit langmouhemp, grys kouse en swart skoene, koordas en baadjie.

Koordas en baadjie word deur die skool aan leerders verhuur.

Koste: R100 per jaar

Koor t-hemp word aan die begin van die jaar bestel.

 

Koorleier : Beatrix Smith

Sekretaresse : Ansie Ellis