Generaal Hertzog Voortrekkerkommando
Welkom by Die Voortrekkers!
Wat is die Voortrekkers?
Die Voortrekkers is ‘n kultuurbeweging wat die moderne Afrikaner, in besonder sy jeug te bemagtig om as positiewe Burgers en konsekwente Christene suksesvol te wees.
Daar is ‘n Kode wat Die Voortrekkers uitleef:
‘n Voortrekker glo in die Drie-enige God en dien Hom
‘n Voortrekker lei ‘n Christelike lewe
‘n Voortrekker aanvaar gesag
‘n Voortrekker respekteer en bevorder die taal en kultuur van die Afrikaner
‘n Voortrekker leer uit die geskiedenis van sy volk en bou die toekoms daarop
‘n Voortrekker waardeer en bewaar sy omgewing
‘n Voortrekker is ‘n goeie landsburger
‘n Voortrekker neem leiding
‘n Voortrekker is oplettend en weerbaar
‘n Voortrekker is diensgerig en diensvaardig.
Die belofte wat die laerskoolkinders, genoem Penkoppe (seuns) en Drawwertjies (dogters), aflê tydens inlywing as ‘n Voortrekker:
“Ek sal oral en altyd probeer om 'n Voortrekker te wees, om gehoorsaam te wees, om my volk, my land en my medemens te dien en bo alles die Here lief te hê”
(Hoërskoolkinders staan bekend as Verkenners)
Om hierdie kode en belofte na te streef, het ons een keer per week ‘n spanvergadering. Elke graadgroep het sy eie werksboekie, met interessante onderwerpe, wat ons deur werk.
Spanvergaderings: Ons kom elke Maandag van 5-6 nm by Laerskool Voorpos bymekaar – ander dae en tye bv. Dinsdae kan met spanoffisier (volwasse spanleier) gereel word, bv. Om kinders wat deelneem aan Bulletjie rugby te akkommodeer. Ons poog om sover moontlik almal tegemoet te kom. Daar is ook dae waar spesialisasies aangebied word en die kinders verwerf kentekens vir hulle ‘harde werk’. Hierdie kentekens kan op hulle “spog” baadjies gewerk word wat hulle met Formele Drag dra.
Voortrekkerdrag kan aangekoop word by Voortrekkerdepot op die hoek van Pierneef en 24st laan – kontak Annatjie vtdepot@iafrica.com tel 012 329 0198/9. Deport-ure is van 8:30 tot 14:00 weeksdae en Donderdae tot 16:00. Bestellings kan per e-pos ook geplaas word, internet betalings gedoen word en ‘n reëling vir afhaal met spanoffisier gemaak word as ouers nie self kan gaan afhaal. Sien Die Voortrekkers sew webbls. vir meer inligting.
Die Graadwielboeke waardeur jaar gewerk word, het die volgende afdelings:
Ek as mens: Persoonlikhede, Gesin, Herkoms, Selfhandhawing, Groepsdruk en Ontwikkeling as ‘n leier
Spesialisasies wat bv. aangebied word:
Graad 1: Selfsorg en Junior Kok
Graad 2: Versamelkuns, Veldkook en Kuiertyd
Graad 3: Handwerk, See-versamelkuns, Die Kok
Graad 4: Versamelkuns Gr 4, Gasheer / Gasvrou
Graad 5: Handvaardigheid, Onthaal
Graad 6: Beeldende kunste, Versamelkuns Gr 6, Persoonlike Versorging, Kampkook
Ek in my omgewing: Kaarte, Touwerk, Kampering, Noodhulp, Rigtingbepaling.
Spesialisasies:
Graad 1: Tuinier, Seepret
Graad 2: Waterveiligheid, Dierewaarneming, Seewaarneming
Graad 3: Plantwaarneming, Seeplante
Graad 4: Plantekennis, Ruimtewaarneming, Waterfiksheid, Dierekennis, Seekennis
Graad 5: Ekosorg, Weerkennis, Roeikuns, Varswaterdiere, Seediere, Touwerk
Graad 6: Staptogte, Sterrekunde, Varswaterhengel, Vleilande, Kus Ekosorg
Graad 7: Veldbewustheid, Waterbewustheid, Strandbewustheid
Ek as Voortrekker
Die geskiedenis van Die Voortrekkers, Grondslag, Wese, Voortrekkerkode soos bo uiteengesit, Belofte, Voortrekkerwapen en -Vlag. Ons hou ook van Seremonies en dit leer die kinders respek vir hulle Landsvlag, om trots te wees op hul kultuur en dissipline. (Dit is beslis nie ‘n drilpeleton nie)
Spesialisasies:
Graad 1: Lekker Sing, Spele
Graad 2: Knope
Graad 3: Spoorkennis
Graad 4: Sang, Groepspele
Graad 5: Touwerk, Kampeerder, Spanseremonies
Graad 6: Musiek en Sang, Spoorsny, Seremonies
Ek as Afrikaner: Ons praat oor taal en om trots te wees om suiwer Afrikaans te praat, Afrikanergeskiedenis.
Spesialisasies:
Graad 1: Dias, Kind van Jesus
Graad 2: Ou Kaap, Taalpret
Graad 3: Immigrasie, Godsdiens, Toeka, Volkspele
Graad 4: Groot Trek, Anglo Boereoorlog, My Taal
Graad 5: Delwerye, Godsdiens, Boeresport, Plaaslewe
Graad 6: Gedenkwaardighede, Anglo Boere oorlog, Afrikaner Tradisies, Volksdanse
Graad 7: Afrikanerkind, Godsdiens, Erfgrond
Ek as Landsburger
Hier behandel ons verder die Geskiedenis van die Afrikaner, wat nie regtig meer in die skole bespreek of geleer word nie. Nasionale Lied, Landsimbole.
Spesialisasies:
Graad 1: Ek weet, Padveiligheid
Graad 2: Noodhulp, Hoor my
Graad 3: Paraatheid, Fietsry
Graad 4: Omgewingskennis, Noodhulp, Vasbyt, Gestremdhede
Graad 5: Brandweer, Fietskunde
Graad 6: Paraatheid, Redding, Ruiterkuns, Kommunikasie
Graad 7: Medemens
Spanoffisiere sal aan u as ouers wel die opsie gee om spesialisasies by te woon. Datums en kostes sal deurgegee word. Daar word gewerk aan ‘n “loopbaanplan” van gr R-Gr 7 waar die Voorslagtoekenning verwerf kan word. Spanoffisier sal vorentoe meer detail gee.
Voortrekker Drag
Ons het Aktiewe drag en Formele Drag. Vra spanoffisier om te wys.
Aktiewe drag bestaan uit ‘n blou kort of lang denimbroek (sonder skeure, blinkers en blomme) of denimrompie, saam met ‘n rooi of blou Voortrekkergholfhempie.
Formele Drag vir laerskoolkinders is ‘n lang blou denimbroek (sonder skeure, blinkers en blomme en ook nie skinny nie) met die rooi / blou / wit Voortrekkergholf hempie en die blou Erkenningsbaadjie (onderbaadjie / spogbaadjie) wat hulle kentekens op het. Met Seremonies en spesiale geleenthede word Formele Drag gedra. Elke span kan ook op ‘n spanhempie besluit, bv een kleur met spanembleem soos bv Arende daarop gedruk. Gesels met spanoffisier.
Kampe:
Laerskoolkinders het ‘n paar opsies van Gebiedskampe wat hulle deur die jaar, tydens skoolvakansies, kan bywoon. LW: die Jaar se ledegeld moet betaal wees voor die kinders die kampe kan bywoon.
Jakaranda Kamp Maart / April (Hartbeesfontein Voortrekkerplaas)
Waterwerke Kamp Maart / April (De Bank Voortrekkerkampterrein)
Hoëveld Kamp Maart / April (Hartbeesfontein Voortrekkerplaas)
Swartvlei Seekamp Junie (Sedgefield naby Knysna)
En nog baie ander!
Ander Aktiwiteite
Fakkelloop. Kinders dra Formele Drag Ons het ‘n kerkdiens by ‘n skool se paviljoen en dan stap ons met die brandende fakkels deur die buurt. Ouers is welkom om saam te stap. Kennis sal gegee word nader aan datum, rondom einde Februarie elke jaar.
Kerkparade – 2 x per jaar besoek ons as Voortrekkerkommando ‘n Kerk in ons omgewing se aanddiens. Kennisgewings sal uitgegee word nader aan die tyd.
Speletjiesaande – Datums sal deur gegee word. Dit vorm deel van Genl Hertzog se fondsinsamelingsprojekte. Kinders is welkom om hulle vriende saam te bring. Datums sal later deurgegee word.
Kommandokamp - ‘n Heerlike gesinsaktiwiteit - elke jaar op ‘n ander plek! Detail vorentoe.
Vlotvaart – Kinders van Graad 6 is welkom om dit by te woon. Hierdie is ‘n heerlike deurnag funksie van eie vlotte bou en deurnag roei en vind plaas in Oktober. Ouers is welkom om saam te kom kuier. Meer detail nader aan die tyd.
GGA(Gebiedsgoedgekeurde Aktiwiteit) Dag – 7 Mei 2016 is die dag wanneer ons Kommando verskeie spesialisasies aanbied vir elke graadgroep, ander Kommandos word genooi om die dag saam met ons te geniet. Ook meer detail nader aan die dag sal gegee word.
Fondsinsamelings – die Kommando probeer bietjie fondse insamel deur die jaar wat aangewend word vir die lede. Ons doen dit gewoonlik deur Hamburgers of Worsbroodjies te verkoop. Datums sal deur gegee word. Ondersteun asb hierdie dae.
Wat kos Voortrekkers jou:
Ledegeld vir 2016:
R565.00 per kind per Jaar (Betalings voor of op: 30 April 2016)
Die bedrag kan ook in paaiemente afbetaal word, maak ‘n voorafreëling met Janice.
** Die Gebiedskantoor gee ‘n R100.00 afslag vir ledegelde wat voor einde April betaal word, enige betalings daarna word die normale ledegelde gehef wat R100 meer is, dus R665.00. **
Kommandokamp Oktober 2016: Begroting sover - is rondom R240.00 per kind en sluit die akkommodasie en vyf etes in.
Die GGA dag wat ons aanbied 7 Mei 2016
Kostes is +- R100.00 per kind en dit sluit die spesialisasie se kenteken en middagete in.
Ander moontlike kostes:
PD (Penkop en Drawwertjie – Laerskoolkinders) Kampe
Jakaranda Kamp Maart April +- R470.00 per kind
Hoëveld Kamp Skoolvakansie +- R450.00 per kind
Swartvlei Seekamp Julie kostes nie bevestig
Voorslag Kamp (net Gr 7) Sept/Okt +- R300.00 per kind
Verkenner Kampe
Thaba Kamp +- R745.00 per kind **
Lunsklip kostes nie bevestig
Rhus Keeti Kamp +- R850.00 per kind **
Seejol Kamp +- R1700.00 per kind **
Wilgedraai Kamp +- R850.00 per kind **
** Die kampgelde hang ook af van watter spesialisie / kursus die kinders doen.
** Moontlike vervoerkostes kan bykom en die spanoffisier sal dit met die ouers bespreek
Verwys: http://transvaal.voortrekkers.org.za/gebiedskampe.html
GGA Dae of Naweke
Ander Voortrekkerkommando’s bied ook GGA’s aan. Die spanoffisier sal die besonderhede deurgee en julle kan besluit watter die kinders bywoon. Die koste wissel van Kommando na Kommando maar u kan kyk na +- R100.00 per kind per GGA. Dit sluit die middagete in en daar is gewoonlik ook ‘n snoepie beskikbaar.
http://transvaal.voortrekkers.org.za/gga_en_ggn5.html
LW: Indien jou kind wil gaan kamp, sal die ledegeld ten volle betaal moet wees
* Reelings kan met die Kommandoleier, Willem van der Merwe, of Janice AKL Frinansies getref word vir afbetaling van ledegeld, indien dit nie teen einde April betaal kan word nie *
Bank Besonderhede vir Internet Betalings
Genl. Hertzog Voortrekkerkommando
ABS A Bank
Rekening Nommer 9102895457
Tak Kode 632005
Verwysing: Kind Naam, Van & Graad
Neem kennis dat Ledegeld en Kampgelde direk in ons rekening betaal moet word, vir ander betalings soos vir kentekendae of worsbroodjie bestellings, moet die geld asb by die spanoffisier inbetaal word.
Meer inligting van die Voortrekkers kan ook op die volgende webwerwe gekry word
* Amptelike Voortrekker Webwerf: http://www.voortrekkers.org.za
* Transvaalse Voortrekker Webwerf: http://transvaal.voortrekkers.org.za
* Generaal Hertzog Kommando Webwerf http://www.genlhertzog.org.za
* Hou Koers Webwerf http://www.houkoers.co.za
Sluit nou aan... gee jou kind onvergeetlike ervaringe en herinneringe wat net die Voortrekkers kan bied en vriende wat bymekaar staan deur dik en dun!