Laerskool Voorpos
Ons sal antwoord op jou roepstem

Bulletjierugby

Organiseerder: Bianca Janse van Rensburg


Bulletjierugby word deur ons wonderlike pappa's afgerig. Dit is 'n baie lekker tyd om die klein rugbysterre te vorm in goeie toekomstige rugbyspelers. Hulle leer om saam te werk in 'n span asook die basiese rugbyvaardighede. Die klein manne word nog nie aan kontak ("tackle rugby") blootgestel nie omdat ons skool slegs RIP-rugby speel.

Ons begin reeds met oefening in die eerste kwartaal en ons wedstryde vind in die tweede kwartaal plaas. Daar word een hoofafrigter aangewys en elke span het twee tot drie hulp-afrigters. Oefensak met nodige toerusting word deur hoofafrigter hanteer. 


Spanne: 0/6 – 6 spelers in ‘n span.

                         4 spanne.

               0/7 – 7 spelers in ‘n span.

                        4 spanne.

               0/8 – 8 spelers in ‘n span.

                        3 spanne.

Kalender: 

Wedstryde vind op Saterdae oggende plaas by omliggende Liga skole.

Naka bulle en groot hoogtepunt is Loftusdag.


Oefentye:

Maandae en Woensdae – 17H00 tot 18H00.

 

Drag: 

Bulletjierugbytrui, broekie(Swart / wit afhangend van span) en rips.