Mininetbal

Organiseerder: Lynette Naudé 

Vanaf graad 1 - 3 speel ons jong dames Mini-Netbal. Hulle speel slegs in toernooie waar geen telling gehou word nie. Die doel is nie om te wen nie maar om 'n liefde vir die sport te kweek, die spelers fiks te maak en die basiese beginsels van Netbal vas te lê.

Hulle speel met 'n kleiner bal as die gewone laerskool netbal en roteer posisies gedurende wedstryde om hul voldoende ervaring en blootstelling te gee. 

Afrigting word deur onderwysers gedoen. Hulle woon ook additionele kursesse by om hul in staat te stel om die klein spelers se potensiaal ten volle kan ontwikkel.


Drag:

Hulle speel in KDP-drag; maroen T-hemp en broek. Beffies word aan leerders voorsien.