Laerskool Voorpos
Ons sal antwoord op jou roepstem

Rugby

Organiseerder: Mnr Niël Hopkins

Seisoen: 

Soos by enige Suid-Afrikaanse skool is rugby 'n baie gewilde sportsoort. Ons manspersoneel is almal Boksmart geregistreer en lê jaarliks hul skeidsregtereksamen af. Aan die begin van die seisoen het ons 'n sessie met afrigters, spelers en ouers waar ons spanne, spelpatrone, reëls ens. bespreek. 

Ons sien baie uit na die seisoen van 2018.

Ons afrigters doen baie moeite om die seuns se vaardighede te ontwikkel en vanaf o/9 'n goeie grondslag te lê waarop hulle kan voortbou. Laerskool Voorpos is deel van die Wes wyk, B2 liga.