Laerskool Voorpos
Ons sal antwoord op jou roepstem

Swem

Organiseerder: E Venter

Seisoen: September - November




Laerskool Voorpos is een van die min skole in ons omgewing wat kan spog met hul eie swembad. Die swembad is 25 meter met 6 bane waarby ons gereeld spogbyeenkomste hou. 

Ons swemseisoen loop van September tot November maar die Voorpos Swemklub oefen reg deur die jaar. Ons neem deel in die die B-liga vir Afrikaanse skole. Ons het slegs een swemspan wat uit ongeveer 65 swemmers bestaan. 

Ons nooi u graag uit om ons gala's by te woon en sien hoe geniet ons Dolfynespan dit in die water. 

      



    

Voorpos Swemklub:


Swemdrag:

Swemklere en Sportdrag beskikbaar slegs by skool. 


Erkenning:

Erkenning word deur die skool gegee in die vorm van Erekleure balkies indien swemmers die volgende prestasies bereik:

Vlak 1 - Kwalifiseer vir SA Kampioenskappe en medaljewenner

Vlak 2 en 3 - Kwalifiseer en Finale bereik (Top Tien)


Foto sal geplaas word aan die einde van die 3de kwartaal