Laerskool Voorpos
Ons sal antwoord op jou roepstem

Leerderraad

Organiseerders: Mnr'e Brandt Dorfling en Niel Hopkins


Laerskool Voorpos is baie bevoorreg om elke jaar baie ywerige leerders op hulle leerlingraad te hê. Voorpos streef daarna om leerders op die leerlingraad op te lei sodat hulle op ’n baie professionele manier dienaars in die skool, maar ook in die gemeenskap kan wees. Ons doel vir die VLR is nie om slegs pouses en voor skool speelgrond diens te doen nie, maar strek baie vêrder as dit. 

Elke jaar is die verteenwoordigende leerling raad van die skool verantwoordelik om ’n paar spesiale geldeenhede te beplan en daarna ook te organiseer. Hierdie geleenthede word gefasiliteer deur onderwysers wat as leier voogde aangewys is. Die fokuspunt by hierdie geleenthede wissel van projek tot projek maar basiese beplanningsmodelle, ook bekend aan die VLR lede as BOLKE, word gevolg. Elke VLR lid het verantwoordelikhede en die uitvoering van hierdie verantwoordelikhede leer die VLR lede om onder andere, stiptelik, doelgerig, kreatief, sosiaal, maar ook gedissiplineerd te wees. Tydsbeplanning is ook ’n baie belangrike aspek waar leerders gehelp word om gefokus te wees op akademiese-, sport-, kulturele- en sosiale belangstellings. Projekte wat hierdie jaar beplan word wissel vanaf die Valentynsokkie, lentedagvieringe asook Jakaranda kinderhuis se onthaal dag. By elke geleentheid word daar aandag gegee aan verskillende individue en so bevorder ons die verskeidenheid bestuurstyle wat elke VLR lid moet kan ontwikkel. 

Ons as VLR voogde glo daarin om die VLR voor te berei vir die lewe na laerskool en streef dus daarna om die leerders te help om voorbeelde vir ander te wees. Ons is opgewonde om te sien hoe Laerskool Voorpos hierdie jaar sukses gaan ervaar en streef ook so na ons jaartema.


VLR 2023 HOOFLEIERS

Mornè Beukes - Hoofseun

 





 















Juvan Visagie - Onderhoofseun




















Marcè Joubert - Hoofdogter














 









 Anè Schutte - Onderhoofdogter