Laerskool Voorpos
Ons sal antwoord op jou roepstem

KDP

Organiseerder: Me Ansie Ellis - Grondslagfase

Organiseerder: Me Nadia Lugar - Intersenfase


Agtergrond oor Laerskool Voorpos se KDP:

Voorpos is een van ‘n handjie vol skole wat in hierdie privaat pakket ingekoop het. Ons is ook bevooreg om kwaliteit apparate te hê, asook ‘n lokaal spesifiek daarvoor ingerig.

Elke klas kry ‘n weeklikse geleentheid om die KDP klasse by te woon.

Die periodes per week loop as volg:

·        Gr. RR & R:      1 Periode per week

·        Gr. 1 – 3:          2 Periodes per week, waarvan een periode ‘n dubbel periode is

·        Gr. 4 – 7:         1 Periode per week

Wat trek die leerders aan?

Die leerders het spesifieke KDP drag, wat aangetrek moet word vir gemaklike beweging tydens die KDP periode.

Die feit dat die leerders moet onthou om die KDP drag aan te trek op die dag wat hulle ‘n KDP periode het dra by tot dissipline ontwikkeling.

Dissipline ontwikkeling is een van die hoof aspekte wat tydens ‘n skooldag en ook ‘n KDP periode gehandhaaf word. Dus word daar baie gefokus op die feit dat die leerders wel hulle KDP drag sal onthou.

Die spesifieke KDP drag word ook dan so in die dagboek gespesifiseer. Maroen T-hemp en broek beskikbaar slegs by die kantoor.

Die 4 fokusareas van KDP:

·        Die bevordering van gesondheid

·        Sosiale ontwikkeling

·        Persoonlike ontwikkeling

·        Fisieke ontwikkeling en beweging

KDP ontwikkel by leerders die kennis, vaardighede, waardes en houdings wat hulle sal toerus om ingeligte besluite te neem en toepaslik op te tree ten opsigte van die fokusareas.

Verskillende aspekte wat KDP dek:

·        Mototriese ontwikkeling (groot en fyn)

·        Spiertonus ontwikkeling

·        Konsentrasie ontwikkeling

·        Perseptionele ontwikkeling

·        Visuele vaardighede

·        Bilaterale koördinasie

·        Middellyn kruising

·        Ruimtelike oriëntasie

·        Skouer-gordel stabiliteit

·        Balans

·        Ritme

·        Hand-oog koördinasie

·        Aktivering  van neurologiese stelsels

·        Volg van instruksies

·        Geheue

·        Probleemoplossing

·        Luister vaardighede

·        Lateraliteit

·        ‘n Basis van sport soorte bv. – Gimnastiek

-         Tennis

-         Krieket

-         Netbal

-         Rugby           

-         Nog vele meer.