Laerskool Voorpos
Ons sal antwoord op jou roepstem

Junior Koor

Organiseerder: Mev Nelia Snyman









Ons sing want dit is lekker en ons geniet dit!!

Ons Juniorkoor bestaan tans uit 70 koorlede van graad 1 tot graad 3. Die koor het die afgelope 5 jaar met ten minste 20 koorlede gegroei.

Ons oefentye is soos volg:  Woensdae vanaf 13.30 tot 14.30.  Ons het al 'n verskeidenheid liedere aangeleer.  Met so 'n entoesiastiese groep koorlede is dit net 'n plesier om hard te werk.  Almal is elke oefening stiptelik op hulle pos.