Laerskool Voorpos
Ons sal antwoord op jou roepstem

Remediërende Onderrig

Organiseerder: Me L Lamprecht


Wat is Remediërende onderrig?

‘n Kind se akademiese ontwikkeling en vaardighede is soos ‘n huis:  Dit bestaan uit die fondament (Emosionele ontwikkeling), sement (Fisiese ontwikkeling:  oë, ore ens.) en die stene (Akademiese vaardighede). Remediërende onderrig werk met die verlore stene.  Daar word meerendeels aandag gegee aan die volgende:

- Perseptuele vaardighede

- Spelprobleme

- Leesprobleme

Wie ontvang Remediërende onderrig by Laerskool Voorpos?

Leerders met leerprobleme word in Graad 1 tot Graad 3 deur die klasonderwyseres geïdentifiseer. Die leerders besoek die Remediërende sentrum 2 keer ‘n week vir gratis addisionele hulpverlening.
Remediërende onderrig is ook vir Graad 4 tot Graad 7 na skool beskikbaar teen addisionele kostes.

Wanneer moet ‘n kind Remediërende onderrig ontvang?

Wanneer die fondasie (emosionele probleme) en die sement (fiesiese probleme) aangespreek is of in die proses is om aangespreek te word.

Algemene probleme sluit die volgende in:

- Leerder sukkel om te lees

- Leerder is onseker oor die gebruik van punktuasie

- Leerder ken en begryp nie lettergrepe nie

- Leerder rammel lees af

- Leerder kan nie woorde kopieër nie

- Leerder se werk is alewig onvoltooid

- Leerder ruil letters, woorde en syfers om

- Kan nie onderskei tussen links en regs nie

- Leerder is traag om te leer, want lees is moeilik

Oplossing vir leerprobleme:

- Spreek die probleem so vroeg as moontlik aan.

- Alle moontlike faktore word eers uitgeskakel (sigprobleme, gehoorprobleme en 
aandagafleibaarheid.)

- Nodige terapeute moet genader word om hulp te verleen.

- Ouers se rol en ondersteuning is van kardinale belang.


Ander hulp wat verleen word by Laerskool Voorpos?

Studieleiding word na skool aangebied teen addisionele kostes. Studieleiding sluit die volgende in:

- Evaluering: Die leerder word geëvalueer om sy/haar breindominansie te bepaal asook sy/haar leerstylvoorkeure.

- Studieleiding: Verskeie studiemetodes word bespreek en ingeoefen.
  Die leerder kry individuele hulpverlening met opsomming vir toetse   en eksamens
  Leiding word gegee oor die voorbereiding vir toetse en eksamens