Laerskool Voorpos
Ons sal antwoord op jou roepstem

Skoollied

Woorde: Mev J Botha


Aan Pretoria's horisonte,
is ons Laerskool Voorpos.
Met 'n kindertal so ryk,
uit 'n volk wat nooit sal wyk.
"ons sal antwoord op jou roepstem",
is ons leuse altyddeur.
Mag dit altyd dien as spoorslag,
vir ons dade elke dag.

Refrein: Voorpos Laer, Voorpos Laer, ons sal jou steeds eer.
Op jou roepstem, op jou roepstem, sal ons antwoord gee.

Vanaf smorens vroeg tot laat saans,
word gewerk na liggaam en gees.
Aan die skoolwerk, sport en kuns,
dat prestasie ons deel kan wees.
Mag dit nooit ons hoogmoed streel,
maar aan God die eer alleen.
Mag dit altyd dien as spoorslag,
vir ons dade elke dag.