Laerskool Voorpos
Ons sal antwoord op jou roepstem

Vorie Voorloper

Organiseerder: Mnr Philip Kemp

Kategorie 1

Die leerder ontvang 3 punte

·         Hulpvaardigheid teenoor onderwyser

ü  Dra boeke ten minste twee keer

ü  Dra sak of mandjie ten minste twee keer

·         Tel papiere op onder opdrag - Terrein (sinlikheid)

ü  Ander toepaslike opdragte op die terrein

·         Doen klein takie vir onderwyser

ü   Klasskoonmaak

ü  Ander toepaslike take in die klas

·         Openbaar eerlikheid - Waardevolle items (Handig by onderwyser / kantoor in)

ü  Selfoon opgetel

ü  Geld opgetel

ü  Horlosie opgetel

ü  Ander persoon se besitting

·         Toeskouer - aanmoediging van maats

ü  Ondersteun maats by wedstryde

ü  Hierdie is maats buite die span wat ondersteun

·         Individuele positiewe klasgedrag

ü  Altyd stil

ü  Gee aandag en let op in die klas

ü  Doen werk sonder om te kla

ü  Doen huiswerk volledig

·         Twee klaspositiewes per kwartaal gewen

Kategorie 2

Die leerder ontvang 5 punte

·         Tel papiere uit sy eie op

o    Op die terrein

o    In die klas

·         Verrig vir 'n week lank 'n taak

o    Klasskoonmaak

o    Vensterdiens

·         Vakwerk vir die kwartaal bo standaard

o    Netjiese werk in boeke

·         Aanmelding van veiligheidsrisiko's

o    Gevaarlike plekke in die klas

o    Gevaarlike plekke in die badkamers

o    Gevaarlike plekke op die speelterrein

·         Aanmelding van ander leerders se oortredings (Nie stories aandra nie)

o    Ander leerders wat iemand emosioneel boelie

o    Ander leerders wat iemand fisies boelie

o    Ander leerders wat skade aanrig aan iemand anders se eiendom

·         Bereid om iets vir maat te gee

o    Iets om te eet as hulle nie het nie

o    Skryfbehoeftes te leen

o    Ander toepaslike items

·         Netjiese voorkoms deur die kwartaal

·         Klasleier - week/maand/kwartaal

·         Na-uurse take en hulpverlening

o    Funksies na skool

o    Sportgeleenthede

o    Prysuitdelings

o    Opruim na byeenkoms/wedstryd/geleenthede

·         Sportmansgees – Afrigters motiveer

o    Speler in die span wat motiveer en uitstekend speel in die wedstryd

o    Hierdie punte word deur elke afrigter toegeken

·         Vier klaspositiewes gewen in die kwartaal

Kategorie 3

Die leerder ontvang 10 punte

·         Rade - Kwartaallikse erkenning

o    Skolierpatrollie

o    Medialeier

o    Saalleier

o    VLR

·         Akademie / Sport / Kultuur - deelname per seisoen

o    Olimpiades

o    Ekspo

o    Amesa wiskunde

o    Sportsoorte in skoolverband

o    Kultuursoorte in skoolverband

·         Verbeter in 'n vak met 5% vir die kwartaal

·         Geen negatiewe inskrywings vir die kwartaal nie

·         Ambassadeur en skoolbeeldhouers op ander gebiede buite die skool

o    Buiteskoolverband prestasies in sport of kultuur

·         100% teenwoordig vir die kwartaal

·         Leerder verteenwoordig skool op Distrikte vlak

o    Binneskoolverband prestasies

·         Vyf klaspositiewes gewen vir die kwartaal

 

Klaspositiewes

·         Klas wissel netjies en in rye

·         Klas tree stil en in rye aan buite die klas

·         Klas gee goeie samewerking tydens periode

·         Almal in die klas se huiswerk is volledig gedoen

·         Almal in die klas se toetse is geteken

·         Almal in die klas se assesserings is geteken

·         Almal in die klas se opdragte word ingehandig op die sperdatum

·         Almal in die klas se KDP-klere is by die skool en reg

·         100% skoolbesoek vir die week

·         Almal in die klas se borgvorms is op sperdatum ingehandig


KLASPOSITIEWES

GEDRAGSKODE TEN OPSIGTE VAN GROEPE (FASE EN KLAS)   

 

Dit kan maklik gebeur dat 'n skool se dissiplinêre beleid 'n negatiewe konnotasie kry. In die implementering van die dissiplinêre program word daar egter gepoog om nie alleen die afkeurenswaardige aan te spreek nie, maar veral om die goedkeurenswaardige aan te moedig. As sodanig is dit belangrik dat die opvoeder en ouers steeds die kind in totaliteit raaksien en hulle nie sal blind staar teen geïsoleerde negatiewe insidente nie.

 

HERSIENING VAN DIE SKOOLREëLS EN GEDRAGSKODE

Hierdie dokument sal deurlopend hersien en opgedateer word. Wysigings en aanpassings sal slegs na oorlegpleging met die leerders, opvoeders en ouers aangebring word. Sodanige wysigings en aanpassings sal verstaanbaar aan die leerders gekommunikeer word.